Baie Welkom by Rinkel Krinkel Kleuterskool

 

 

  Ons by Rinkel Krinkel Kleuterskool streef daarna om ons leuse  "Waar klein mensies           groot drome droom" uit te leef.

  Ons speel, leer en groei saam. 

Rinkel Krinkel Kleuterskool is geleë in die pragtige omgewing Mountain View, Pretoria.

Ons beskik oor ‘n goed toegeruste en ruim boomryke speelpark.

Kinders se belange word altyd eerste gestel en ouer betrokkenheid is vir ons belangrik. 

Ons onderrig is gebasseer op Christelike beginsels en ons skep 'n veilige omgewing vir kleuters en streef daarna om kleuters aan te moedig om te groei in alle vlakke van ontwikkeling, om kreatief te wees en selfversekerd te wees vir die pad vorentoe.


Ons bestaan al reeds meer as 40 jaar


Ons is geregistreer by:

-    Departement van Onderwys

-    Departement van Gesondheid en Maatskaplike dienste

-    FEDSAS

Kurrikulum:

Ons inhoud is belyn met die NASIONALE RAAMWERK - ELDAS en CAPS (curriculum assessment policy statement).  Beide is die amptelike kurrikulum vereistes in Suid-Afrika.

 

Visie:

  • Lewering van kwaliteit diens

  • Skoolgereedheid van kleuters

  • Liefedevolle, kreatiewe omgewing vir kleuters te skep

  • Gekwalifiseerde personeel asook in Noodhulp opgelei

  • Te staan as die beste skool

Missie:

  • Ons handhaaf Christelike norme en waardes

  • Kinders se belange word eerste geplaas

  • Goeie verhouding met ouers te handhaaf

     

    Wees gerus, u kleuter is in goeie verantwoordelike hande met ‘n opvoedkundige en vrolike omgewing.

    Ons sien uit daarna om deel te wees van die verryking van u kind se opvoeding.

    Oop klas beleid.  Ouers is enige tyd welkom en ons deure staan altyd oop vir U.

     

    Mag die tyd hier by ons skool vir u en u kind ‘n besonderse tyd wees waaruit mooi herinneringe sal voortspruit.

     

     

    Rinkel Krinkel groete

 

Waar klein mensies groot drome droom